'n Ma & 'n Mikrofoon

Infertiliteit, Jou Geestesgesondheid & Jou Huwelik/Infertility, Your Mental Health and Your Marriage

Episode Notes

Behandeling vir onvrugbaarheid, soos IVF, plaas baie druk op verhoudings. Dis dikwels selfs die oorsaak van egskeidings.

Om te hoor dat jy nie net "maklik" 'n kind sal kan verwek nie, is 'n diep emosionele ervaring en kan ook lei tot angs, depressie, eetversteurings en lae selfvertroue.

In hierdie episode van 'n Ma & 'n Mikrofoon gesels Daniëlla van Heerden met Lizanne van Waart, 'n sielkundige en direkteur van die Wijnland-fertiliteitskliniek.

Lizanne het sélf gesukkel om swanger te raak en miskrame gehad, en het haar loopbaan daaraan toegewy om ander wat deur dié proses gaan, te kan bystaan. 

In hierdie episode gee sy raad hoe vroue, mans en ook paartjies sáám die emosionele impak van vrugbaarheidbehandeling (van die begin tot die einde van die reis) kan hanteer en trotseer. 

 

Treatment for infertility, such as IVF, exerts immense pressure on relationships and can often be a contributing factor to divorce. 

Discovering that conceiving a child won't be as straightforward as hoped is a profoundly emotional experience, often leading to anxiety, depression, eating disorders, and diminished self-confidence.
In this episode of  'n Ma & 'n Mikrofoon, Daniëlla van Heerden engages in conversation with Lizanne van Waart, a psychologist and director of the Wijnland Fertility Clinic. 

Lizanne, having faced her own challenges with conception and miscarriage, has devoted her career to supporting others navigating similar journeys.
Throughout this episode, Lizanne offers guidance on how women, men, and couples can collectively address and overcome the emotional toll of fertility treatment, spanning from the initial stages to the end of the fertility journey.